Wednesday 26 December 2018

Betereinders - Maak Plek vir Taxi's Veldtog Weerlegging

Please note that this article is in Afrikaans due to the nature of the target audience for the campaign launched by Betereinders.  I may do an English translation if I get enough requests.

Maak Plek vir Taxi's - 'n Weerlegging van die Betereinders Veldtog 

 

Inleiding tot die Artikel


Goeie dag, leser.  Hierdie is 'n inskrywing hangende die weerlegging wat ek gemaak het omtrent die  
Maak Plek vir Taxi's veldtog wat deur 'n groep met die naam Betereinders afgeskop is binne Suid-Afrika.  Hierdie inskrywing sou aanvanklik die draaiboek gewees het vir die video wat ek op Youtube gemaak het as 'n weerlegging teen die veldtog, maar die probleem was dat die video te lank sou geword het en dus die gehoor se aandag sou verloor het.  

Omdat die draaiboek in diepte gaan met die artikel wat die veldtog se doel beskryf, en die probleme deel-vir-deel uitwys in die artikel hangende die artikel en die idees agter die veldtog, het ek besluit om die draaiboek te herskryf as 'n blog entry wat dan beskikbaar gemaak sal word as 'n link saam met die verkorte en meer gefokusde video wat ek op Youtube en Facebook sal laai.  

Die rede waarom ek die moeite doen vir hierdie blog inskrywing is dat die nuwe video baie vinnig oor die hoof idees van die artikel en veldtog gaan, en van die weerleggings en standpunte wat ek maak dalk te onduidelik en kras deurgegee word in die video omdat baie van die inligting in die veldtog artikel nie in diepte bespreek word nie.  Dus skryf ek hierdie blog inskrywing juis om die langer/ouer draaiboek, wat baie dieper gaan as die nuwe video se draaiboek, se idees, standpunte en weerleggings beskikbaar te maak vir die video se gehoor sodat hulle meer inligting het omtrent die redes waarom ek die standpunte maak wat ek gemaak het en hoekom ek hulle op die manier deurgee soos uiteengesit in die video.

Inleiding tot die Weerlegging

Goeie dag/aand, Internet jokeys.  My naam is Gustav Diedericks.  Ek is ‘n Suid Afrikaner gebore en bly nog my hele lewe lank in Suid Afrika.  My voltydse beroep is as Besigheid-analis in die versekerings en tegnelogie industrie, maar ek was voorheen ook in die bankwese.  As een van my stokperdjies volg ek die nuus en gebere van die politici, beide plaaslik en oorsee, omdat ek weet watter impak dit op ‘n mense se lewe kan he.

Daar is baie meer wat ek julle kan vertel oor my, maar vir nou behoort dit genoeg te wees.
Ek doen hierdie inskrywing as ‘n weerlegging vir ‘n Internet groep se propaganda veldtog.  Hierdie veldtog wat in Junie begin het en toe in Julie verder gevoer is met ‘n artikel wat geskryf was op Netwerk24, is besig om te groei op Facebook en is besig om aanklank te vind veral onder jonger, Christen mense (veral Millenials).

Ongelukkig moet ek eers Simpatie definieer en my eie mening gee oor simpatie voordat ek die groep se propaganda veldtog kan aanvat.  Ek voel dit sal eerder beter wees vir my om so te begin sodat julle beter sal verstaan waar my standpunte vandaan kom.  So hierdie inskrywing gaan ongelukkig ‘n bietjie van ‘n lang inskrywing wees, maar ek voel dis beter om ‘n lang inskrywing te he en jou standpunte ordentelik te staaf as wat jy dit aframmel.

So kom ons begin.

Definisie vir Simpatie



Simpatie in konteks van wat ek wil bespreek word gedefinieer deur die HAT, of Hand-woordeboek van die Afrikaanse Taal, as:
·         Meegevoel; gevoel van verbondenheid; neiging om in ‘n ander se gevoelens te deel; geestelike meelewing met ‘n ander se begeertes; sielsverwantskap.
Om simpatie vir iemand te he is dus om hul eie gevoelens te kan aanvoel en meegevoel met hulle te he, meestal uit hul situasie maar ook op ‘n mindere manier oor wie hulle is of oor hul verlede.
Aangesien ek self ‘n Christen is moet ek gaan kyk wat die Bybel te se het oor Simpatie. Persone wat die veldtog gemaak het mag dalk nie Christene wees nie en jy ook nie, maar die stukke wat ek gaan lees kan universeel waar wees vir beide Christene en nie-christene. Volgens die Bybel:
  • 1 Petrus 3:8 se: “Ten slotte: Wees almal eensgesind, medelydend, liefdevol, goedhartig, nederig.”  Hier praat Pertrus met die Christene in verskeie provinsies waar hy vir hulle uitwys met watter gesindheid Christene ander moet hanteer en hoe hulle teenoor ander moet optree.  Hy maak dit duidelik dat simpatie, hier genoem medelye, onder die Christene vir mekaar en alle ander mense deel moet wees van ‘n Christen se gesindheid en optrede op ‘n daaglikse basis waar dit van toepassing is
  • In 1 Johannes probeer die dissipel Johannes ons te laat verstaan wie Jesus is, en gee ‘n goeie beskrywing van wat liefde wat deur Jesus goedgekeur word moet lyk.  Hy lig ook simpatie uit as ‘n deel van daardie liefde in konteks van Jesus.
  • In 1 Tessalonisense 5 praat Paulus met die Christene in Tessalonika en waarsku hy hulle dat hulle moet reg wees vir die Oordeelsdag.  Om reg te wees vir die Oordeelsdag moet Christene mekaar ook opbou, dus mekaar verbeter en versterk in beide die geloof en die Woord van God.  Van dit kan ‘n mens net doen deur om simpatie vir ander te he.
  • In Hebreers 10: 24-25 staan daar: “Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom”.  Dit kan mos net gedoen word as ons simpatie het teenoor ons naaste?
So dis baie duidelik dat ons simpatie moet he met mekaar, en mekaar moet positief opbou.  Maar die fokus van die aksie wat volg op simpatie moet positief wees: Dit moet ‘n goeie uitwerking he op die persoon en sy omstandighede.
As ‘n voorbeeld kan ons kyk na iemand wat verslaaf raak op dwelms.  Die persoon raak so erg verslaaf dat hy sy werk verloor, sy huis, sy familie, en sy besittings. Uiteindelik beland hy op straat en begin hy bedel vir geld om sy verslawing te handhaaf.

As iemand hom sien of deur hom genader word is daar ‘n paar aksies wat die persoon wat hom sien of deur hom genader word kan neem:
  • Hy kan die persoon geld gee
  • Hy kan ‘n gesprek met die man aanknoop, hom uitvra oor sy lewe, uitvind waarom die man daar is, en dalk die man probeer help om oor sy verslawing te kom
  • Hy kan die man ‘n kos pakkie gee
  • Hy kan die polisie bel om die man gevange te neem
  • Hy kan die man met disrespek hanteer en hom sleg behandel
  • Hy kan die man ignoreer
 
Watter van hierdie aksies dink jy is positief en opbouend, en watter is afbrekend?


Wel, die volgende aksies kan beide positief en negatief wees:
  • Die bedelaar ‘n kos pakkie te gee: terwyl die pakkie die bedelaar se honger kan stil en dus ‘n positiewe uitwerking kan he, kan die bedelaar ook die kos pakkie gebruik om dwelms uit te ruil met ‘n ander bedelaar of selfs ‘n dwelmhandelaar.  Die kos kan ook veroorsaak dat die bedelaar sien dat die area waar hy bedel vir hom iets sal ople, en in plaas daarvan dat hy besef dat hy besig is om lui te wees en nie sy lewe in order kry nie, hou dit hom arm en in bedelende elende omdat hy gratis kos kan kry eerder as om daarvoor te werk.
  • Om die polisie te bel kan ook positief en negatief wees.  As die polisie besig is met ‘n operasie om dwelm verslawers uit te help deur om hulle van die straat af te neem en hulle te vat na plekke waar hulle behandeling kan kry, is die optrede positief.  Maar die persoon wat die polisie bel moet seker wees dat die polisie wel besig is met so ‘n operasie, en dat hulle nie die bedelaar sleg sal behandel nie.  Op die oomblik hardloop beide Kaapstad sowel as Johannesburgse metro polisie sulke inisiatiewe, en sal dit ‘n goeie ding wees vir persone om die aksie te volg sodat ons sulke mense kan help.

Die volgende aksies is negatief:
  • Om die bedelaar sleg te hanteer en te konfronteer.  Dit is nogal duidelik dat dit negatief is.
  • Om die bedelaar geld te gee.  Hierdie aksie help net die dwelm verslawing en kan tot die persoon se dood lei.  Tog is daar so baie mense wat deesdae die aksie neem wanneer hulle bedelaars by robotte teekom.  Statistiek wat deur Helping Hand, ‘n welsynsorganisasie wat val onder Solidariteit, vrygestel was in Januarie 2016 wys dat soveel as 80-90% van bedelaars is dwelm-verslaaf en bedel omdat dit baie geld vir hulle kan inwen, tot soveel as R1200 per dag, volgens ‘n tweede studie vrygestel in Maart van 2018. https://businesstech.co.za/news/lifestyle/233025/south-african-beggars-are-making-as-much-as-r1200-a-day-study/

Die volgende aksies is positiewe aksies:
  • Om die gesprek aan te knoop
  • Om die man te ignoreer.  Dit mag dalk blyk of die aksie negatief is, maar dit is oorenweer bewys dat die enigste manier hoe mense hul verslawing kan oorwin is om te besef dat hulle wel ‘n verslawing het.  Deur die bedelaar te ignoreer dwing die persoon die bedelaar om op te gee om geld of iets ander te kry waarmee hy sy verslawing kan aanhelp, en as almal dit doen kan die persoon gedwing word om hulp te kry by die duisende organisasies in Suid Afrika wat daarop uit is om mense soos hulle te help.  Die is ‘n goeie voorbeeld van taai/moeilike liefde.

Soos ek nou genoem het, kan aksies uit Simpatie beide positief of negatief wees.

So, wat kan ons nou se van Betereinders se veldtog “Laat Taxi’s In”?

Die Veldtog/Propaganda


‘n Nuwe Facebook groep het hul verskyning gemaak op 6 Februarie van 2018.  Die groep noem hulself Betereinders, en is gemik op Afrikaans-sprekendes, spesifiek Blank Afrikaans-sprekendes. Hulle beskryf hulself as:

Betereinders werk saam aan ‘n beter toekoms vir almal in ons land. Ons is nie bang nie en ons gee nie op nie. Betereinders is nie skaam oor wie hulle is nie en leef hul leierskap uit. Betereinders is egter ook diensbaar, vrygewig en all round lekker mense.


Hulle het twee veldtogte wat hulle op die oomblik hardloop, maar die fokus van hierdie artikel sal wees op hul “Maak Plek vir Taxi’s” veldtog, wat gebaseer is op ‘n artikel wat gepubliseer  was in Beeld en op Netwerk 24 deur ‘n meneer Stefan Botha, ‘n student by TUKS wat politieke wetenskappe en internationale betrekkinge swot.  Die artikel is hier beskikbaar agter a betalings-skerm: https://www.netwerk24.com/Stemme/Menings/betereinders-maak-plek-vir-die-taxis-20180720

Omdat ek glad nie die groep vertrou nie, plaas ek sommer hier die screenshot wat hulle op hul webwerf het van die artikel:




Die artikel fokus op Taxi’s as openbare vervoer, waar Mnr. Botha beweer dat Taxi’s meestal deur die arm klas gebruik word wat nie hul eie vervoer kan bekostig nie.  Hy gaan verder, waar hy vertel dat taxi drywers onverskillig bestuur op ons paaie en dalk die hoofrede vir padwoede en frustrasie is.

Die standpunt is wel bekend onder alle Suid Afrikaners wat die pad gebruik.  Daagliks word mense se lewens op die spel geplaas deur roekelose taxibestuurders wat dood eenvoudig die padreels ignoreer om so vinnig as moontlik hul passasiers by hul bestemmings uit te kry.  Taxi bestuurders sal rooi ligte ignoreer, voor ander karre inry vanaf draaibane, en self teen die verkeer ry net om nog 'n geldjie te maak.  Die gevolg is dat wanneer ongelukke gerapporteer word in die nuus Taxis hul eie kategorie kry omdat hulle so 'n groot persentasie uitmaak van ongelukke waar ongelukke tot die dood lei van een of meer slagoffers. En as hulle nie 'n ongeluk maak nie sal hulle ander padverbruikers, wat wel by die reels hou, frustreer, deur voor hulle in te druk of hulle selfs van die pad af te druk.


Maar dan gaan hy voort en se die volgende:
“Maar kom ons vergeet ‘n oomblik van die man agter die stuurwiel en dink aan die ander 15 wat hulle ook in die taxi bevind en hul bestemming veilig en betyds wil bereik.  Hulle is mense, net soos ek en jy, wat soggens in die donker hul tog werk toe vir ‘n klein salarissie aanpak en eers laat in die aand na hul blyplekke terugkeer.”

So ons moet heeltemal vergeet van die oorsaak van ons frustrasie en dat ons lewens op die spel geplaas word deur taxi bestuurders en eerder fokus op die passasiers?  Dit raak nog beter.  Hy gaan aan om hulle te beskryf as gewoonlik mense wat die blou-boordjie werk doen, en hy noem huise en tuine skoonmaak, kasregister werk en ander voorbeelde, en dan kom die volgende:
“Hulle speel ‘n baie groot rol daarin om ons ondernemings en ekonomie aan die gang te hou, maar kry nie altyd die nodige erkenning nie.  Hulle is werklik die onbesonge helde van ons samelewing.”

Sjoe, wat wil jy meer!  “Onbesonge helde”.  Wat het gebeur van die “Hulle is mense net soos ons”?  beteken dit dat ons ook onbesonge helde is? Wat van die polisie, of brandweermanne, of ambulaans bestuurders?  Wat maak dit hulle?

Hy gaan voort:
“Maar tog, wanneer ‘n taxidrywer plek soek om sy passasiers by hul bestemming te besorg is ons eerste instink om laer te trek.   Daar word op die toeter gele om die omliggende motors aan jou kant te kry en ruimte is eensklaps opgeneem – want ‘die [EXPLITIVE] taxi gaan beslis nie voor mý indruk nie!”
Sjoe, wat ‘n trane-trekkertjie. Dink net: ons le op ons toeter want die arme taxi drywer wil plek he om sy passasiers by hul bestemming te kry, nadat hy die wet gebreek het en almal op die pad, insluitend sy eie passasiers, se lewens in gevaar gestel het, maar met die le op die toeter “gang” ons op op die arme taxi en sy weerlose passasiers, nie dalk omdat hy nou net die wet oortree het en beide die drywer op die toeter en die ander agter hom veronreg het nie, of hul lewens in die gevaar gestel het nie, die mense wat die padreels gehoorsaam. Nee dis ondat hulle net hul passasiers wil aflaai, en die ander motoriste selfregte bliksems is.

Hy gaan voort:
“Is dit nie dalk tyd vir ‘n ander benadering nie? Verloor ‘n paar sekondes in jou dag, haal rusting asem, hou jou voet op die rempedaal, glimlag en maak plek vir die taxi en al sy passasiers.  Dit klink na ‘n vreemde oefening, maar dit sal onmiddelik wys dat die pad nie ‘n slagveld is waar slagordes opgestel moet word nie.  Dis eerder ‘n plek waar almal mekaar in ag neem en saamwerk sodat elke pendelaar veilig en betyds sy of haar bestemming bereik, insluitend die passasiers in die taxi’s.”  

Met sy boonste stelling ignoreer Mnr. Botha heeltemal die feit dat slagoffers nie gemaak word omdat mense nie taxis inlaat nie, maar omdat taxis die wet oortree.  Ook ignoreer Mnr. Botha die harde feit dat deur om die wet te breek die taxis, nie die ander wetsgehoorsame padverbruikers, die sondebokke is wat nie ander padverbruikers in ag neem nie en ook nie saam met hulle werk nie.  Tog het Mnr. Botha die verdraaide, en heeltemal onverstandelike, standpunt dat dit wetsgehoorsame burgers is wat die sondebokke in die verhaal is.

Hy gaan dan voort om te se dat die taxi vriendelik teenoor jou sal optree, en dat ons figuurlik ook dan plek maak vir ons naaste in die taxi en dat hulle dan hul waarde gegun sal word. So vrek ons almal op die pad met 'n glimlag op ons gesigte, terwyl ons taxi bestuurders ook laat glimlag.  Waar die passasiers hul "waarde" sal kry deurdat ons die taxi bestuurder se taxi inlaat sal Mnr. Botha dalk moet verduidelik

“As daar gese word maak plek vir taxi’s, beteken dit nie dat roeklose bestuur en wetsoortreding goedgekeur of aangemoedig word nie.”

Ja, ek wonder oor daai een, want om Taxi's in te laat nadat hulle die padreels gebreek het sal nie veroorsaak dat hulle dalk dit sien as nog 'n manier om weg te kom met hul moord-aksies nie, en volgende keer sal hulle dalk luister vir die padreels. 

“Ons kan wel probeer om buigsaam, inskiklik en geduldig te wees.  Kom ons laat vaar die laertrek-mentaliteit en wees in solidariteit met ál ons landsburgers. Daar is ‘n eenvoudige keuse: Wees sinies en kla oor alles, of wees ‘n betereinder.”

Dan gooi hy die betereinder segging.

So om op te som: Laat taxis in, al breek hulle die wet, want die passasiers is arm en dus helde en jy moet ophou om ‘n selfregte bliksem te wees want almal moet by hul bestemming aankom al breek taxis die wet. En as jy nie doen wat ek se nie, is jy sinies en kla jy oor alles.



Die Weerlegging

Dit is baie moeilik om Mnr. Botha se standpunte in te sien as enigiets anders as baie swak geformuleer.  Dit is vir my baie skokend dat 'n geleerde persoon soos Mnr. Botha, en ek neem aan ook die persone agter die veldtog, wetsgehoorsame burgers sondebokke maak terwyl die persone wat elke week omtrent 'n dood op die pad veroorsaak heeltemal geignoreer word en die passasiers van die taxis dan gebruik as skilde om 'n slegte standpunt te probeer uitmaak as iets wat moreel is. 


Enige persoon wat twee breinselle het kan al klaar die probleme sien met die standpunt:
  1. Deur om Taxi's in te laat as hulle die wet oortree, beloon jy die taxi bestuurder beide op 'n psigologiese en 'n fisiese vlak.  Daar is al baie boeke geskryf in psigologie oor die uitwerking van beloning en swak gedrag in beide kinders en volwassenes.  Deur swak gedrag te beloon word die swak bedrag versterk in die persoon wat beloon word vir sy swak gedrag, en sal hy aan hou om die aksie uit te voer, al lei dit tot verskriklike nagevolge.  Nog erger, dit lei tot nog erger swak-gedragspatrone, en maak dat die persoon nog groter kanse sal vat met die oog op nog 'n beter beloning (in die geval van 'n taxi sal dit wees om voor aankomende verkeer te probeer indruk want dit kan daarna toe lei dat hy nog vroeer by sy bestemming sal uitkom as wat hy net eenvouding in die ry van karre indruk).
  2. Deur om die fokus na die passasiers te skuif probeer Mnr. Botha, en dus die persone wat opgekom het met die veldtog, om die swak gedrag van die taxi bestuurders te verdoesel.  So word dit makliker vir Mnr. Botha en kie om met nuwe sondebokke op te kom wat hul swak standpunt dan kan probeer lyk na iets is wat morele waardes deurgee en handhaaf, terwyl die ware sondebokke se aksies vergeet word deur die leser.  Dit laat mens dink aan die film toneel in die fliek "The Wizard Of Oz", waar die ware toordenaar agter die gordyn wegkruip terwyl die namaaksel toordenaar Dorthy en kie bang maak met sy rook en flitsende ligte. In hierdie geval is die monster agter die gordyn egter veel erger as die een wat deur die artikel en veldtog geskets word.  In werklikheid is Mnr. Botha en kie besig om die lyke van die passasiers weg te steek terwyl hulle gewone motorverbruikers, wat onskuldig is in hierdie toneel, met teer te smeer en uit te kreet as selfregte bliksems.  Hulle gebruik wel nie die woorde nie, maar die idee is baie sterk as mens mooi oplet op die manier van hoe Mnr. Botha sy woorde neerskryf in die artikel en die beelde wat hy in die artikel gebruik, soos "laer trek"  wanneer dit kom by die ople van die toeters.  Kortliks, dis van swak smaak om onskuldige mense sondebokke te maak, en baie immoreel.  
  3. Die veldtog vra 2 dinge: laat taxi's in, en plak 'n plakkertjie op jou voertuig om te wys jy ondersteun die veldtog.  Ons het klaar gepraat oor die inlaat van taxis as hulle die wet oortree, en 'n mens kan baie gou sien hoe sulke aksies die huidige swakker gedrag van taxis aangehits het.  Kom ons kyk dan na die tweede ding wat gevra word: die plak van die plakker.  Deur om dit te doen promofeer die wat die veldtog ondersteun die idee en standpunt om taxi's in te laat wanneer hulle die wet breek met minimale aksie.  Laat ons eers vergeet van die feit dat dit nog meer taxi bestuurders se swak gedragte sal beloon, en kom ons kyk na die ander newegevolge: deugsaamheids-flitse, of "virtue-signalling". Veral onder Millenials en die wat Links op die politieke spektrum le, kom deugsaamheids-flitse alledaags voor. Deugsaamheids flitse is artikels, boodskappe, of "tweets" wat op sosiale media geplaas word met die oog om die persoon wat dit geplaas het te laat lyk asof hulle besig is om goeie morele waardes uit te beeld. Dit verg min ware aksie van die persoon wat die deugsaamheids flitse plaas, en in der waarheid is die persoon nie eintlik besig met iets wat rerig morele waardes verg of morele aksies nodig het nie.  Om dit beter te stel: die persoon maak asof hulle besig is met iets wat ander help terwyl hulle in werklikheid glad niks of niemand help nie, of self besig is met iets immoreel.  Die hele motief agter die deugsaamheid flitse is om die ego te streel.  Vir Christene wat goeie Bybel kennis het behoort dit hulle te laat dink aan die Fariseers.  In Jesus se tyd, so 2000 jaar gelede, was daar mense in hoe aansien wat die wet van Moses baie goed geken het, en wat se taak was om die wet aan ander te leer en te interpreteer.  Sulke mense moes egter bewys dat hulle wel die wet self onderhou, anders kon dit dalk selfs hul dood beteken het.  Dus het hulle gereeld gemaak asof hulle die wet onderhou deur om op straat hoeke te bid, en deur hul aksies te laat blyk asof hulle wetsgehoorsaaam is.  In werklikheid was baie van hulle korrup, maar dit was goed weggesteek deur hul valse aksies.  In baie opsigte is deugsaamheids flitse presies dieselfde, maar net in 'n moderne konteks.  Om iets te plak op jou voertuig gaan nie die lewens van die taxi passasiers verbeter nie.  Inteendeel dit sal die teenoorgestelde uitwerking he.  En dan neem mense nog fotos van die plakkers en plaas dit op sosiale media.  'n Beter voorbeeld van deugsaamheids flitse sal baie moeilik bekombaar wees.
  4. As 'n laaste weerlegging, kan mens baie maklik uitwys dat die passasiers van taxis alles behalwe onbesonge helde is.  Inteendeel is die passasiers, in hul haas om by die werk te kom, baie geneig om te ignoreer hoe oorgelaai hul taxi waarlik is en dan klim hulle maar net in.  Baie taxi ongelukke waar daar 'n hoe sterfte syfer is kom gewoonlik voor waar die taxi oorlaai is.  'n Additionele opmerking t.o.v. passasiers is dat die passasiers ook gereeld taxis vra sommer om op enige plek stil te hou, al is dit waar dit die verkeer blokeer of veroorsaak dat die taxi gevaarlike aksies moet neem om by die passasier uit te kom of af te laai.  Dus is taxi passasiers in baie gevalle net so skuldig soos hul sondebok-bestuurders.  Weereens moet genoem word dat mens nie slegte gedrag moet beloon nie.

Ander, Beter Opsies

Van die bogenoemde weerleggings kan mens sien dat die veldtog in sy geheel nie geondersteun moet word nie, veral as jou motief is om jou mede mens te help.  Gelukkig is daar baie ander opsies tot 'n mens se beskikking om ander te help:


  1. Gaan na jou plaaslike kerk toe en vind uit watter veldtogte hulle besig mee is om armes te help
  2. Sluit aan by een van die meer as 130 000 welsyns organisasies in Suid Afrika wat gemik is om arm mense te help (en, terloop, dis net die wat geregistreer is as Nie-staatsorganisasies by SARS).  Gaan help hulle uit wanneer hulle ‘n initiatief het, of as jy te lui is maak ‘n maandlikse betaling in hul rekening in om hulle te help.
  3. Kry ‘n paar vriende en gaan doen iets, maak ‘n leer sentrum oop, want dit is wat meeste mense nou nodig het: om geleer te word om hulself op te hef uit hul armoede uit. En as jy nie slim genoeg is vir dit nie of het nie die geld om dit te doen nie, gee kos uit, verf ‘n muur, bou ‘n RDP huis. 
Al bogenoemde kan jy doen sonder om dit vir die wereld uit te basuin.  Daarin le regte karakter: om iets goeds te doen vir ander sonder om jou ego te streel.


Ten Slotte

Ek is ten volle in ondersteuning vir welsyn as dit slim en opreg uitgevoer word, maar dit grief my dat daar so min welsynsorganisasies is wat werklik daarop uit is om 'n verandering te maak en eerder uit is om hul eie bankrekeninge te pleister.  In baie opsigte is die veldtog van Betereinders net 'n bemarkingsfoefie, maar dit het negatiewe ver-rykende gevolge vir alle Suid Afrikaanse padverbruikers.  My persoonlike opinie is dat Betereinders maar hul deure moet sluit.  As hulle die lyke van ander gebruik om hulself te bemark as 'n welsynsorganisasie, en dit in 'n tydperk waar daar al so baie organisasies is, is dit eerder beter as hulle nie op die toneel is nie.

Wat Suid Afrika, en inteendeel Afrika, nodig het is welsynsorganisasies wat mense van alle kleure, nie net swart nie, meer vaardighede leer sodat hulle hulself, as hulle nie lui of op dwelms is nie, uit hul armoede uit laat werk.  Dit is ook my opinie dat een van Afrika se grootste probleme, en een van die hoof oorsake agter Swart-Bevooregting, is Welsyn.  Om 'n gebakte hand te vul met kos terwyl groot somme geld gaan om diktators in plek te hou, en mense armes so psigologies en fisies in armoede te hou sodat jy 'n rede het om vir nog geld te vra by jou skenkers is vir my uiters immoreel.  Ek soek welsynsorganisasies wat daarop uit is om hulself uit besigheid te sit.  Dit is organisasies wat werklik armoede wil bestry onder mense wat werklik wil uit hul armoede uitkom, wat mense leer om vis te vang eerder as om vir hul vis te gee.  En die vaardighede wat geleer word moet nuttig wees vir die samelewing.  Dit help nie jy leer mense om klere te maak of te myn of om met staal te werk as daar al klaar 'n oorloop van werkers is met die vaardighede wat sukkel om werk te kry nie.

Daarvoor het mens 'n ordentlike, mooi uitgedinkte visie nodig wat fokus op die vernietiging van armoede.  Niks van Betereinders se leuse of visie of bemarking spreek vir my as 'n organisasie wat gestig is met 'n doel tot armoede vernietiging nie.   Hulle kom eerder voor as 'n groep wat kla oor ander mense wat kla, en dan het hulle nog die vermetelheid om oor die grafstene van padverbruikers wat dood is in taxi ongelukke te dans met 'n baie swak en immorele bemarkings-veldtog.

Verder sal ek nie my tyd vermors met hierdie organisasie nie.